WINTERTEATER BY DIE KLEIN LIBERTAS

01 Jan 1970

Met n Kaggelvuur, sop, rooiwyn en vuurwarm teater gee ons die winter ‘n koue skouer!


A Worm in the Bud.
A thought-provoking work by the acclaimed Reza de Wet. The play is an account of an Englishwoman’s post-
Boer-War quest to bring Victorian enlightenment to Africa and the Afrikaner, only to find a cauldron of madness in her inkwell. With Stephanie Hough, Karolien van Zyl, Directed by Gaerin Hauptfleisch.
16 en 17 Augustus om 18:00.  R80


Gif!
Toe Mathilda Bouwer háár Romeo se hemp, met die vreemde goue hare, in haar hand vashou … daardie oggend het Juliet by haar kombuisdeur uitgestap. Daardie oggend het Mathilda Bouwer aan gif begin dink.
Gif  ontvang ‘n staande ovasie met sy openingsaand by KKNK 2011. Die toneelstuk is aangrypend en slaan jou hard … tussen aanvanklike komedie verskuil ‘n diep en donker verhaal …
Met Celeste Slabber-Loriston. Regie: Juanita Swanepoel.
16 en 17 Augustus om 20:30  R70


Trein- Smash!
Die onvergeetlike treinrit van twee akteurs oppad na ‘n oudisie wat hul lewens kan verander. Alledaagse Metrorail-struikelblokke kniehalter hul rit tussen Stellenbosch en Kaapstad…
Met Stephanie Badenhorst en Riaan Visman. Met Rika Vermeulen en Lucas Heinen op klavier.
18 Augustus om 18:00 en 25 Augustus om 20:30 R70


Korte Mette met die versamelde werke van William Shakespeare.
In hierdie skreusnaakse komedie draf drie akteurs in minder as 90 minute deur die volledige werke van William Shakespeare! Drie akteurs! 37 toneelstukke! 154 sonette! Twee lang gedigte in NET 90 minute. Na nege suksesjare op Braodway kan Suid-Afrikaners hulle verlustig aan die oeuvre van William Shakespeare.
Met Wessel pretorius, Dean Balie en De Klerk Oelofse. Regie: Hugo Theart.
18 Augtustus om 20:30 en 23 Augustus om 18:00 R70


Verse in my Vingers
‘n Reis deur Breytenbach se werk, met woorde en sang. In die bindingsteks word koerantberigte en artikels gebruik wat in die tydperk van sy verhoor en vonnisplegging geskryf is. Juanita Swanepoel is die programsamesteller en regisseur. Met Waldemar Schultz, Stian Bam, Hugo Theart, Eugenuie Wiggins en Laurinda Hofmeyr.
23 Augustus om 20:30 en 28 Augustus om 17:00. R90


Medea
In ‘n tyd waar tannies met towerspreuke Blou Bulle wil tem vir die liefde, en waar gesinsmoorde gereeld voorkom, is die verhaal van Medea nog altyd waar en nuut. Sy moes alles (ook haar kinders) opoffer vir die liefde. In hierdie eenvrouvertelling word Medea gedwing om, as straf en vloek, vir ewig haar verhaal herleef en oor eeue heen  met die publiek te deel. Met Coba- Maryn Wilsenach. Regie en ontwerp: Marthinus Basson.
24 Augustus om 28:30 en 25 Augustus om 18:00 R70


As almal ver is.
‘n Samestelling deur Juanita Swanepoel uit die bloemlesing van Danie Marais. Dié woordkuns-aanbieding handel oor emigrasie, afstand, verlange en verlies en ook huistoe kom. Die gevoel van die stuk word opgesom met hierdie woorde uit die Eagles se liedjie Hotel California: “ You can check out anytime you like, but you can never leave.” Met Susanne beyers, Joanie Combrink en Roeline Daneel.
24 Augustus om 18:00 en 28 Augustus om 15:00. R70

Besprekings by Computicket of skakel Die klein Libertas Teater by 021 8838164.

 

Back to news page